
Hierdie brief is na aanleiding van die artikel Baby saved from suffocation by Cradle cyclist wat op 17 Januarie op die News se webtuiste verskyn het.
Ons as ouers wil graag, na aanleiding van die berig wat die nuus gehaal het, daarop reageer met die volgende bedanking aan die genoemde partye:
Ons lees in die Bybel oor groot wonderwerke wat die Here destyds verrig het … ons kan weereens getuig dat daardie Here, dieselfde Here, vandag nog en steeds groot wonderwerke laat gebeur!
Ons familie wil hartlik dankie sê aan Lennie Glasser en dr Hoffmann wat as ware Samaritane, hul kragte en tyd afgestaan het om ons kindjie se lewe langs die pad te red, Netcare 911 wat vinnig op die toneel was, en al die personeel by Netcare Krugersdorp Privaat Hospitaal wat betrokke was en ook elke omstander wat hulp aangebied het en ondersteuning gegee het. Ons is almal ewig dankbaar!
God se rykste seën vir elkeen!
