LettersOpinion

Sassa Krugersdorp – ‘n pluimpie vir julle

Johan Marx en Marietjie Deck van Krugersdorp skryf:

Ons het onlangs van Boksburg af verhuis en ons is albei pensioenarisse. Ons het by verskeie Sassa-kantore aan die Oos-Rand probeer om vir ons Sassa-pensioen aansoek te doen, maar sonder sukses. Ons het deur die News se beriggewing verneem hoe swak die Sassa-diens ook hier in Krugersdorp is.

Nietemin is ons 8vm een Maandagoggend na die Krugersdorp-tak. Na ‘n uur se gewag in die ry is daar na ons omgesien maar sekere dokumente het ontbreek.

Die dame het gesê as ons terugkom hoef ons nie weer in die ry te wag nie, maar kon direk na haar toe gaan.

Sy het beide ons aansoeke voltooi waarna ons na ‘n ander afdeling geneem is. Hier het ons so 30 minute gewag.

Die dame het ons aansoeke verwerk, en dokumentasie verskaf wat alle besonderhede bevat het, insluitend dat ons Sassa- betalings op die eerste van elke maand in ons afsonderlike rekeninge inbetaal sal wees.

Eintlik wil ek net sê dat ons baie beïndruk was met die diens en sal ander na hulle verwys.

Die diens was baie professioneel en stiptelik, en vriendelikheid was ook nie afwesig nie

Aan die personeel van Sassa Krugersdorp, hou so aan. Ons waardeer jul behulpsaamheid!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button