
Ek wil graag ‘n ernstige waarskuwing rig aan enige persoon wat in ‘n motorongeluk betrokke raak. Pasop vir die haaie!
Ek was onlangs in so ‘n situasie. Hulle daag skielik op langs jou en neem vinnig jou besonderhede, stoot die vorm onder jou neus in en vra jou handtekening.
Wat hulle egter nie vir jou vertel nie, is die fynskrif agterop hulle ou vormpie!
Ek weet ek moes daarna kyk, maar ‘n mens is in so ‘n toestand en benarde posisie, en hulle weet dit!
My motor is deur die skelms ingesleep en na slegs drie dae beloop die rekening R10 700! (Die onsmaaklikheid het oor ‘n naweek gebeur.)
Wees net gewaarsku, en jaag hulle summier weg van die toneel af.
