
Ek skryf hierdie brief namens my ma wat onlangs deur een van die stakers by die Dr Yusuf Dadoo Hospitaal verneder is.
Die vroulike persoon (ek gebruik die woord losweg) het my ma in die gesig gespoeg toe sy gevra het hoe lank die staking nog gaan duur.
Ander staatspasiënte het ook gedurende die week ‘n bloutjie geloop.
Die polisie is nie baie behulpsaam nie. Toe my ma ‘n klag teen die vrou wou lê, het die polisiebeampte gesê dat hulle nie eers van die staking geweet het nie en net skouers opgetrek.
My vraag is nou, wie se regte het nou groter waarde: die stakers of die pasiënte s’n? Dis nog net pasiënte wat medisyne moet kry! Wat van dié wat werklik siek in die hospitaal is? Hul regte as pasiënte word mos geskend, of hoe? Wie gaan verantwoordelikheid aanvaar as enige van die pasiënte moet sterf omdat hulle nie hul medikasie kon kry of in die hospitaal behandel is nie?
