
Ban all Trade Unions, ’n brief van Roy Peattie van Noordheuwel in die News van 15 Maart, het betrekking.
Ek stem volkome saam met alles wat mnr Peattie skryf, maar dit sal nooit in Suid-Afrika gebeur nie. Suid-Afrika se bevolking is 60 miljoen waarvan slegs 3,75 miljoen wit is.
Margaret Thatcher het destyds die vakverbonde die stryd aangesê maar kon hulle nooit volkome oorwin nie. Liverpool is vandag ‘n spookstad waar slegs 40 persent van die woonstelle bewoon word juis as gevolg van stakings. Die vakverbonde het veral die Britse motorindustrie geraak. So byvoorbeeld het Volkswagen van Duitsland ‘n paar jaar gelede vir Bentley van Engeland uitgekoop.
Op 30 Januarie 1933 word Adolf Hitler die kanselier van Duitsland. Hy stuur die vakverbondleiers gaskamers toe en in 1939, slegs na ses jaar, is Duitsland van ‘n bankrotstaat omskep in die magtigste militêre masjien wat Europa nog gesien het.
Dit kon hy vermag sonder die inmenging van vakverbonde.
