
Ai hoe verstandloos kan die ANC wees?
Die Minister van Finansies, Tito Mboweni het aangekondig dat almal moet fokus op ‘n ‘zero’ begrotingaanslag … maar nee, die ANC moet verhogings aankondig ongeag die land wat in bankrotskap gedompel is deur hulle toedoen. Ja hulle moet verhogings kry anders word daar gestaak. Dit was baie moeilik om die afgelope drie maande hul salarisse aan te vul soos in die verlede. Nou is die geleentheid daar, deur verhogings op party mense af te dwing of hulle dit kan bekostig of nie. Daar word egter geen poging aangewend om aandag te gee aan die onwettige kragaansluitings wat ons miljoene rande kos nie.
Minderhede moet betaal terwyl die meerderheid alles verniet kry. Ek het al probeer om ‘n onwettige aansluiting te bekom maar ek word daarop attent gemaak dat dit tronksake is. Hoekom is die speelveld nie gelyk nie? Ek het ook aan die opposisieparty gevra wat gebeur as die blankes nie hul rekeninge kan betaal nie as gevolg van die ANC wat veroorsaak het dat ons ons werk verloor het. Sal dit net eenvoudig afgesny word of sal ons gratis krag en water ontvang soos die ANC se broers en susters?
Geen antwoord ontvang nie. Sedert 27 Maart tot vandag het ek nog geen Mogale Verkeersbeampte op die pad gesien nie (wel by President Hyper om kruideniersware te koop). Weet nie of hulle nog ingegrendel is nie. Wat ek wel weet is dat die spoedkameras ontgrendel is want daar moet nou baie vinnig geld gemaak word om aanvullende fondse te in.Kan die ANC vir my een afdeling (behalwe korrupsie) uitwys wat verbeter het sedert 1994 toe hulle oorgeneem het?
Die opposisiepartye kan ook maar saam praat.Stel die verhogings uit sodat almal weer op hulle voete kan kom.
