‘Pa, jy is belangrik!’
'Meer as 50 persent van kinders in ons land word sonder 'n pa groot. Maak vandag die keuse dat jy daar wil wees vir jou kinders' – CCCO-bestuurshoof en leraar
• Pastoor Kyle Tolman, Cross Connect Community Outreach (CCCO) se bestuurshoof skryf:
Jou impak en rol in jou kind se lewe NOU het ‘n massiewe impak op hulle toekoms en lewe vorentoe. Goed of sleg. Jy kan kies.
Lees ook: LETTER: Absent fathers affect children negatively
Pa’s bied sekuriteit en beskerming vir die gesin – emosioneel asook fisies. Ek is seker jy het al gepeins of jy werklikwaar ‘n verskil maak in jou familie. Die antwoord is JA!
Studies bewys dat kinders wat grootword in stabiele liefdevolle huise waar pa’s meer betrokke is, beter kognitiewe en emosionele ontwikkeling toon, minder gedragsprobleme ervaar en selfs ‘n beter selfbeeld het.
Lees ook: Father’s Day feasts fit for a king
Die voorreg om ‘n pa te wees het so bietjie meer as ‘n jaar terug ook aan my deur kom klop. Dit het my hele lewe verander. Die grootste les: Matthew is soos ‘n sponsie. Hy hou my noukeurig dop. Hy drink elke oomblik in. Die tyd wat ek met hom spandeer maak saak.
Die manier hoe jy met jou vrou, die buurman, en of die boemelaar praat, wys vir jou kinders hoe ander mense moet behandel word. Karakter maak saak. Hier is ‘n paar karaktereienskappe van ‘n goeie pa:
• ‘n goeie pa spandeer kwaliteit tyd saam sy kinders
• ‘n drukkie van ‘n pappa kan genesing bring, of dit nou van ‘n seer hart of seer been is
• ‘n pa se mond kan lewe bring
• ‘n glimlag van ‘n pa kan sy kinders se gemoed lig
• ‘n pa se leiding kan lewensverrykend wees
Die sleutelwoord in die eienskappe van ‘n pa is KAN. Dis jou keuse of jy wil of nie. Jy moet eers besef dat jy deel is van God se plan vir jou familie voordat jy kan doen wat jy moet om ‘n goeie pa te wees.
Die wêreld het pa’s nodig. Meer as 50 persent van kinders in ons land word sonder ‘n pa groot. Maak vandag die keuse dat jy daar wil wees vir jou kinders en besef dat God jou op wonderbaarlike maniere wil gebruik in jou gesin. Jy is belangrik!
