LettersOpinion

BRIEF: ‘Dien jou appèl in’ – Advokaat aan NWO’s

Lid van provinsiale wetgewer skryf 'n brief waar hy NWO’s aanspoor om appèl aan te teken ná befondsingsafkeuring.

• Advokaat Anton Alberts en lid van provinsiale wetgewer skryf:

Die VF Plus het nie-winsgewende organisasies in Gauteng, wie se befondsing vir die 2025/ 26-siklus afgekeur is, aangemoedig om aansoek om appèl te doen.

• Also read: NPO appeals process for funding underway

Aansoeke moet binne sewe werksdae vanaf die ontvangs van die afkeuringskennisgewing aan die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling gestuur word.

Die party respekteer elke nie-winsgewende organisasie wat help om kwesbare mense te versorg en op te hef en daarom die dringende aanmoediging om aan die appèlproses vir die heroorweging van aansoeke deel te neem.

Die appèlaansoek is belangrik omdat bykomende inligting aan die departement gestuur kan word om die heroorweging te steun.

Die aansoek moet gestuur word aan die adjunkdirekteur-generaal: maatskaplike dienste, Onkemetse.Kabasia@gauteng.gov.za, die sekretariaat van die appèlkomitee, Thembeka.Mkhwanazi@gauteng.gov.za en waarnemende direkteur: vennootskap en finansiering, Lerato.Bob@gauteng.gov.za.

Afhangende van die aard van die appèl kan die komitee skriftelik, virtueel of fisieke onderhoude versoek om die hersiening te bespreek. Na afloop van die vergadering kan die uitslag binne vyf werksdae verwag word.

Organisasies word aangemoedig om van die proses gebruik te maak indien hulle grondige rede tot appèl het.

Organisasies wat onbewus van die spertydperk was, moet steeds hul aansoeke indien. Die VF Plus sal dan behulpsaam wees met die indien van die dokumente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button