Letters

BRIEF: God het ‘n plan

Pastoor sê ons verstaan nie altyd alles nie, maar ons het geleer dat ons elke dag net ons beste moet doen.

• Pastoor Kyle Tolman, Cross Connect Community Outreach (CCCO) se uitvoerende hoof skryf:

Party dae huil ons meer as wat ons lag, maar dis oukei.

Ons het die voorreg om elke dag God se hande en voete op aarde te wees. Dis ‘n term wat meeste mense net koppel aan die lekker van die bediening. Die ‘feel good moments’ soos mense dit noem. Daar is baie daarvan.

Ongelukkig is daar ook die ander kant waar God se hande en voete beteken dat jy in ‘n kind se oë kyk wat pap geslaan was of self gemolesteer was en hulle bemoedig en daar wees vir julle in hul seerste-seer. Daar te wees wanneer hulle vra hoekom ek …

Dis om daar te wees wanneer jy vir kinders moet verduidelik dat die lewe baie meer gekompliseerd is en die ervarings wat hulle deur is nie eintlik moet gebeur op hulle ouderdom nie. Dis daar waar ons met die kinders begin praat oor die tweede beste situasie omdat die ideale situasie nie meer op die tafel is nie. Dis oomblikke waar jy die beste in ‘n kind moet raak sien en hulle moet opbou omdat hulle ouers vir jare vir hulle vertel het hoe sleg hulle is en hulle niks goed in hulself sien nie.

Hande en voete is juis daar ook vir die familie wat vanaand kos het omdat hulle 10km na ons kantoor toe gestap het op ‘n honger maag, want hulle kinders het drie dae laas geëet.

Ons verstaan nie altyd alles nie, maar ons het geleer dat ons elke dag net ons beste moet doen. Dat God ons sal ontmoet wanneer ons die arm, stukkend en gebroke kind of familie bedien. Dis nie altyd om ‘n antwoord te hê nie maar partykeer om net in stilte te sit en vir hulle te bid en vertrou dat God ‘n plan vir die situasie het.

Hande en voete is om stappie vir stappie ons naastes te wys hoe hoop lyk, hoe liefde lyk, hoe aanvaarding lyk, hoe vrede lyk en hoe genade lyk. Dis waantoe God elkeen van ons daagliks nooi, ‘n spasie waar ons in die stilte van Sy liefde kan woon en deel met die wêreld rondom ons.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button