Letters

BRIEF: Bly glo, in alle tye

Pastoor sê ons leef ongelukkig in ‘n gebroke wêreld waar slegte goed met goeie mense ook gebeur. Ons mag miskien nie altyd verstaan hoekom nie, ons moet net onthou dis nie die opdrag nie.

• Pastoor Kyle Tolman, Cross Connect Community Outreach (CCCO) se uitvoerende hoof skryf:

Is God Goed?

Psalm 34:9, “Proe en sien dat die Here goed is; Gelukkig is die persoon wat by Hom skuil!”

Was God goed toe:

• Abraham amper sy seun moes offer uit gehoorsaamheid?
• Toe Daniel in die leeu kuil gegooi is?
• Toe Josef deur sy boeties verraai is en in ‘n put gegooi is?
• Toe Moses vir 40 jaar in die woestyn moes reis en nooit eers die kans gehad het om in die beloofde land in te gaan nie?
• Jesus gekruisig was vir geen sonde van sy eie nie?

Die antwoord is ja! Die een ding wat al hierdie mense in gemeen gehad het was hulle verhouding met God. Hulle was nie gespaar van seer en hartseer nie. Hulle was beproef en het deur diep water geloop in hulle lewens. Dis hulle geloof wat hulle geanker gehou het

God het definitief nie die situasies gestuur nie maar Hy kan dit gebruik om Hom te verheerlik. Ons leef ongelukkig in ‘n gebroke wêreld waar slegte goed met goeie mense ook gebeur.

Ons mag miskien nie altyd verstaan hoekom nie, ons moet onthou dis nie die opdrag nie.

Die opdrag is gehoorsaamheid en vertroue dat God ‘n veel beter plan vir jou lewe het en dat God elke situasie in ons lewens kan gebruik om Hom te verheerlik. Dit begin alles by ‘n gesindheid.

God wil vandag in jou situasie goed of sleg vir jou sê:

• In jou gebrokenheid sal Hy jou kom ontmoet
• In jou tyd van onsekerheid sal Hy jou pad lei
• In jou seer sal Hy jou vertroos
• In jou benoudheid sal Hy jou red
• Ten alle tye sal God sy beloftes oor jou seëvier

Ek nooi jou uit om die Psalm 34 die week te gaan lees en die beloftes te sien van die persoon wat in God se goedheid glo in alle tye.

 
Back to top button