BRIEF: Jarelange inwoner se stem-wens voor die verkiesing

Jou stem maak 'n verskil in die toekoms van ons land – dit is die boodskap van 'n jarelange inwoner voordat die verkiesing einde Mei plaasvind.

• Leon Ehrke skryf:

Ek is ‘n gemeenskapsman en dit speel ‘n groot rol in my lewe. Ek was voorsitter van die GPF in Lewisham en Mindalore in 2015. In 2023 het ek vrywillig slaggate reggemaak in die omgewing.

Om die gemeenskap te voed is vir my baie belangrik. Ek het veral vir die Krugersdorp-Wes gemeenskap kos gemaak en gegee, al ‘n ton blomkool versprei vir mense wat swaarkry, en selfs al ‘n brief in die koerant geplaas oor my voorstel vir ‘n gemeenskapskombuis in 2023.

Die verkiesing op 29 Mei is baie belangrik vir die toekoms van Suid-Afrika. My boodskap aan julle is om nie die dag as ‘n vakansiedag te gebruik nie. Die wat geregistreer is om te stem, gaan maak ‘n ingeligte besluit by die stembusse.

Jou stem maak ‘n verskil in die toekoms van ons land.

Exit mobile version