Letters

BRIEF: Inwoner spreek gemeenskap toe met Kersboodskap

’n Jaar vol liefde, leed en dankbaarheid – Johan Pottas se hartroerende boodskap aan die gemeenskap.

• Inwoner Johan Pottas deel sy Kersfeesboodskap met die gemeenskap:

Liewe gemeenskap van Krugersdorp. Nog ‘n jaar kom tot ‘n einde. Sommige van ons het liefde of leed ondervind die jaar. Dalk nog ‘n Kersfees alleen of die eerste Kersfees alleen. Ons vier God se geboortedag. Nie net ‘n dag vir geskenke nie, maar om die Hemelskind te vier.

Vanaf Royal Family Kids Camp Mogale (RFKCM) NPO se direkteur en al die personeel, wil ons dankie sê vir almal wat ‘n bydra gemaak het tot RFKCM die jaar. Groot dank aan almal betrokke vir die wol, brei, toewerk en stop van beertjies. Die kinders gaan baie daarvan hou. Geseënde Kersfees en voorspoedige 2026 aan almal.

Vanaf myself en my moeder, baie dankie vir nog ‘n jaar wat ons kinders se lewe beter kon gemaak het dit word opreg waardeer. Mag elkeen ‘n baie Geseënde Kersfees en voorspoedige 2026 hê. Mag elkeen van u vreugde, vrede, liefde en hoop ontvang en mag die jaar 2026 net geluk inhou. Soli Deo Gloria in excelsis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button