Local sportSchool sportSport

Skaal swaai na dié kampioen

Kyle het ook vir die derde jaar Protea-kleure verwerf.

Vang kleins af vang hy vis, en vandag is hy die beste junior hengelaar in die land.

Kyle Grove, ‘n matriekleering aan Hoërskool Noordheuwel, het aan die begin van April aan die nasionale South African Bass Angling Association (Sabaa) se junior hengeltoernooi deelgeneem en die top titel huis toe geneem.

Kyle en 40 ander junior hengelaars het by Albert Falls-dam, net buite Pietermaritzburg, lyn natgemaak en gewag vir die grootste en langste vyf visse om te byt.

“Ek het dertig dae geoefen voor die kompetisie,” het Kyle aan die News vertel.

Kyle het van vroegoggend tot laatmiddag saam met sy pa in verskeie damme gaan hengel en vir die nasionale toernooi geoefen.

Kyle het vertel dat alhoewel hy dit vreeslik geniet om te hengel, dit moeilik is om die sport in Suid-Afrika professioneel te beoefen.

“Maar ek gaan beslis iets in die buitelug doen,” het hy gesê.

Die jong hengelaar sien uit na nog vele jare van hengel en om sy persoonlike beste vangs, ‘n 4,06km baars, te verbeter.

Kyle het ook vir die derde agtereenvolgende jaar Protea-kleure verwerf en is weer deel van die Protea-span wat in Desember teen Zimbabwe gaan hengel.

Lees ook:

• Klub vang 119kg se visse

• Hengelaar van die jaar is …

• Vaaldam se visse nie bang om hoek te vat op koue wintersdag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button