Editor's choiceSport

Pasop Superman, hier kom Super Mornè

Die 11-jarige judoster verwerf silwer in 'n oorseese judo toernooi.

Opkomende judoster Mornè Venter het al die pad huis toe geglimlag nadat hy tydens ‘n oorsese judotoernooi met ‘n silwermedalje beloon is.

Die 11-jarige seun wat dol is op judo is ‘n Laerskool Kenmare-leerling. Daar is hy ook baie aktief in die klaskamer en op die sportveld.

Mornè Venter spog met sy eerste oorsese medalje.
Mornè Venter spog met sy eerste oorsese medalje.

Hy is onder die top 10 vir akademie, speel vir sy skool rugby en maak ook nog tyd vir judo waaraan hy soms tot drie maal per week oefen.

Sy liefde vir dié kontaksport het vier jaar gelede begin ontwikkel toe hy by die skool se judogroep onder leiding van die bekwame sensei Katja aangesluit het.

Onder haar leiding het sy liefde en vaardighede so vinnig ontwikkel dat hy reeds meer as ‘n handjievol medaljes versamel het, onder andere die silwer wat hy in Maart by die New Jersey Judo Ope Kampioenskappe verwerf het.

Toe die News hom uitgevra het, het Mornè skaam glimlag terwyl hy verduidelik het dat hy ‘n blik vol medaljes bo in sy kamer het.

In New Jersey het hy sy judo-held Paul Houlder ontmoet, wat ‘n vriend van sy pa is en wat hom goeie raad oor verskeie bewegings en tegnieke gegee het.

Pasop Superman, hier kom Super Mornè.
Pasop Superman, hier kom Super Mornè.

“Ek is mal oor wen en dit motiveer my om harder te werk,” het Mornè vertel.

Wanneer hy nie op die judomat, sportveld of in die klaskamer is nie, ontspan hy graag deur videospeletjies te speel, die buitelug te geniet of met sy vriende te klets.

“Baie dankie vir my familie wat my ondersteun en altyd daar is vir my,” het hy trots afgesluit.

Soortgelyke artikels:

Judo stars rise from Krugersdorp

Kennies are judo champs

•Children excel at judo tournament

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button