Sport

Gholfster Lynette mik hoog

Haar hoofdoelwit is om vanjaar Morocco toe te gaan en te kwalifiseer vir die 2018 Europese Vrouetoernooi.

Lynette Fourie is ‘n ystervrou met groot drome vir haar gholfloopbaan.

Dié 23-jarige inwoner van Krugersdorp spog met verskeie oorwinnings en heelwat ondervinding.

Lynette Fourie slaan 'n bal sonder moeite uit 'n sandkuil uit.
Lynette Fourie slaan ‘n bal sonder moeite uit ‘n sandkuil uit.

Sy spandeer die meeste van haar tyd op die gholfbaan en is ‘n lid van die Krugersdorp Gholfklub. Sy het na skool besluit om in te skryf by The Golf School of Excellence in Johannesburg. Volgens Lynette het dit iets in haar wakker gemaak en sy het besef dat sy dit elke dag vir die res van haar lewe wou doen. Sy het toe haar drie jaar by die Professional Golfers Association (PGA) voltooi en besluit dat sy ‘n voltydse professionele gholfspeler wou word.

Lynette Fourie na 'n afslaan.
Lynette Fourie na ‘n afslaan.

Lynette het al aan verskeie amateurtoernooie deelgeneem en neem ook jaarliks aan die bekende Sunshine Ladies Tour deel. Haar 2017-seisoen het sommer vroeg afgeskop toe sy op 4, 5 en 6 Januarie aan die SuperSport Ladies Challenge by Huddle Park-gholfbaan deelgeneem het en 36ste geëindig het. Sy het die toernooi goed afgeskop deur onderskeidelik 73 , 80 en daarna 83 aan te teken. Na die eerste rondte het sy gesamentlik eerste gelê. Sy het egter die druk gevoel en teruggesak na die 36ste plek.

image1_41132

Lynette se fokus is om aan soveel moontlik toernooie deel te neem en haarself voor te berei vir die uitdagings wat op haar wag. Haar hoofdoelwit is om vanjaar Morocco toe te gaan en te kwalifiseer vir die 2018 Europese Vrouetoernooi.

Lees ook

Make a career out of golf

Night time golf made easy

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button