Krieketklub het groot drome
Die spelers wat by die klub speel hoef nie klubgelde te betaal nie.
‘n Liefde vir die sport is vir die West Side Lions Krieketklub die belangrikste.
Die klub is in 2016 gestig met die doel om soveel as moontlik spelers te betrek wat nie die sport kan bekostig nie, maar wat graag wil krieket speel.
“Krieket is ‘n duur sport. Klubgelde by ander klubs is hoog en baie spelers kan dit nie bekostig nie. Die toerusting wat benodig word is ook duur. By ons klub word nie klubgelde gehef nie en ons glo dat dit juis meer gemeenskapslede sal aanmoedig om te kom speel,” het klubvoorsitter Gerrie Breedt gesê.
Die klub, wat vir oud en jonk oop is, het ongeveer 30 spelers. Die bestuur beoog om ook binnekort die jeug in skole te betrek.
Die spelers oefen op Maandae, Woensdae en Vrydae van 5nm tot 7nm op Town View High School se gronde in Krugersdorp-Wes. Die skool het hul harte vir die klub oopgemaak en hul geriewe sonder enige koste tot hul beskikking gestel.

Die stigters is tans besig om die klub by die Leeus en Gauteng Krieketraad te registreer en beplan om binnekort aan ligawedstryde te begin deelneem. Hulle oefen hard en speel gereeld vriendskaplike wedstryde teen ander klubs.
Die klub doen ‘n beroep op die gemeenskap om toerusting en krieketdrag te borg. Enigeen wat belangstel word ook genooi om by die klub aan te sluit.
Gemeenskapslede wat wil betrokke raak kan vir Gerrie Breedt skakel by 084 680 7541 of Riaan Bekker by 061 205 9188.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Randfontein Herald, Roodepoort Record, Get It Joburg West Magazine
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
