Editor's choiceLocal sportSport

‘Die beste gholfdag nog’

Bekendes soos Andries Vermeulen, Touch of Class, Adam Tas, Meyer le Roux, Rikus Nel en Appel het ook bygedra.

‘n Plaaslike graanverspreidingsmaatskappy het ‘n gholfdag gehou om seker te maak dat kinders in kinderhuise, bejaardes en gestremdes genoeg kos, klere en finansiële steun kry.

Micheal Drydon is die ene konsentrasie.

Die Grain Care Trust, ‘n maatskappy wat fokus op graanverwante dienste, vervoer en ander produkte het die gholfdag op Dinsdag, 23 Mei gehou. Mariaan le Roux, skakelbeampte van die Trust, het die geleentheid beskryf as ‘n “rustige dag waar die Hemelse Vader se goedhartigheid deur mense gesien kon word”.

“Ons wou ‘n verskil maak – in kinderharte, bejaardes, gesinne in nood en met voedingskemas,” het sy gesê. “Dit was ‘n groot droom om ‘n liefdadigheidsprojek in die graanbedryf as ‘n eie identiteit te laat funksioneer.”

Johan Steenkamp konsentreer om die bal by Grain Care se bof af te slaan.

Mariaan het verder vertel dat die opbrengs van die gholfdag vir hul algemene liefdadigheidsprojekte gebruik gaan word, maar in besonder die volgende vier:

• Reddersburg Kinderhuis

• SAVF Môreglans Tehuis vir Bejaardes

• Koningskinders

• Wes-Rand Skool vir gestremdes (vir twee leerders het rolstoele nodig)

Die 36 vierballe waarvoor die spelers kon inskryf is vinnig deur die 144 spelers opgeraap.

“Ons was besonder bevoorreg om die dag saam met bekendes soos Andries Vermeulen, Touch of Class (Deon en Ruhan), Adam Tas, Meyer le Roux (Buffelsfontein Baardolie), Rikus Nel en Appel te kon deel. Hul harte was oop, hulle het vir groot pret gesorg en hulle het ons met grappies en sang vermaak. Op die baan en tydens die aandfunksie het hulle ons laat rol van die lag.”

Unieke artikels is opgeveil, en met laggende gesigte is die jagsak en ‘n koek aan die gelukkige kopers oorhandig. Die borge en spelers se harte was beslis oop vir liefdadigheid.

Johan Steenkamp se deurswaai lyk goed terwyl hy die bal by Grain Care se bof afslaan.

Jackie van der Walt, ‘n trustee het gesê Grain Care Trust se leuse is beslis gestand gedoen aangesien almal dit as ‘n voorreg beskou het om eerder te gee as te ontvang.

Trustee Tom Terblanche het gesê dit was die beste en georganiseerdste gholfdag wat hy nog bygewoon het. Dit is deur Peter Koller, die bestuurder van C-Track beaam, wat dit as ‘n onvergeetlike ervaring beskryf het.

Michael Drydon probeer die bal uit die sandkuil kry.

“Andries, die seremoniemeester en sy gaste het hulle uitstekend van hul taak gekwyt met die veiling,” het hy gesê. “Ons voel geëerd om by so ‘n projek betrokke te wees.”

Grain Care Trust bedank elke borg, koper, en oop hand wat bygedra het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button