Editor's choiceLocal sportSport

Netbalklub wil ledetal uitbrei

Wat die klub uniek maak is dat geen klubgelde gehef word nie.

Die sleutel tot sukses vir die West Side Lions-netbalklub is harde werk en gereelde oefening. Dit is ‘n sport wat goeie oefening bied en ‘n lekker manier is om te ontspan.

Die klub is in 2016 gestig met die doel om soveel moontlik spelers te betrek wat nie die sport kan bekostig nie, maar wat graag wil deelneem.

Antoinette Barnard het aan die News vertel dat gereelde en harde oefening die sleutel tot sukses sal wees vir die span.

Die klub, wat vir oud en jonk oop is, het ongeveer 22 spelers. Die bestuur beoog om binnekort ook skoolkinders te betrek.

Wat die klub uniek maak is dat geen klubgelde gehef word nie. Die spelers oefen op Maandae, Woensdae en Vrydae van 5nm tot 7nm op Town View High School se bane in Quelleriepark.

‘n Hoërskool Monument-leerling, Antoinette Barnard, het aan die News gesê dat daar ‘n lekker spangees heers en dat die spelers baie potensiaal het om hoë hoogtes te bereik.

Speler Roelien Vorster het vertel dat netbal lekker oefening is en dat die klub mense leer speel wat graag die sport wil beoefen.

“Al wat jy nodig het om te kan speel is hand- en oogkoördinasie ,” het Roelien gesê.

Die klub doen ‘n beroep op die gemeenskap om toerusting en netbaldrag te borg. Enigeen wat belangstel word ook genooi om by die klub aan te sluit.

Antoinette Barnard het aan die News vertel dat gereelde en harde oefening die sleutel tot sukses sal wees vir die span.

Diegene wat betrokke wil raak, kan vir Suzette Barnard by 074 522 9251 skakel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button