Help twee karatekas hul droom bewaarheid
‘Hulle vaar regtig goed en verdien om daar te kan wees.’
“As ouer is ‘n mens bereid om enige iets vir jou kinders te doen en alles vir hulle te gee wat jy nooit gehad het nie,” het Cornelia van der Walt, ma van twee karatekas vertel.
Sy het die News om hulp genader rakende die wêreldkampioenskappe wat later vanjaar in die Verenigde Koninkryk plaasvind.

Haar twee kinders, Louwrica, 11, en Pieter, 8, behoort die afgelope jaar aan die Traditional Karate Centre (TKC) Suid-Afrika in Noordheuwel, en is reeds gekies om die sentrum in Oktober by die FSKA- (Funakoshi Shotokan Karate Association-) wêreldkampioenskappe in London te verteenwoordig.
Tot dusver het hulle aan sewe kompetisies deelgeneem waartydens hulle meestal goue- en silwermedaljes verower het.
“Hulle vaar regtig goed en verdien om daar te kan wees. Hulle werk ongelooflik hard, daarom weet ek dat hulle die potensiaal het om soveel nuwe hoogtes te bereik.
Ongelukkig is die enorme bedrag van R50 000 ‘n groot uitdaging vir ons,” het sy vertel.

Daarom vra sy die Krugersdorp-gemeenskap om enige finansiële bystand, donasies of selfs deeltydse werk om haar in staat te stel om haar kinders se drome te bewaarheid.
Indien u enige bydrae kan lewer, skakel gerus vir Cornelia by 060 328 7781.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
