Plaaslike gimnaste maak trots
Impala Trampolienklub is trots om te noem dat hulle drie van die 12 SA-gimnaste opgelewer het.
Lede van ‘n plaaslike trampolienklub het hul land se naam hoog gehou toe hulle aan die einde van verlede jaar die koppe laat draai het tydens ‘n Streek 5 Internasionale kompetisie.
Die kompetisie het in Namibië plaasgevind waar Suid-Afrikaanse atlete teen dié van Zimbabwe en Namibië moes meeding.

Volgens afrigter Linda Coetzer word slegs ses dogters en ses seuns tussen die ouderdom van nege en 14 jaar in die Suid-Afrikaanse span opgeneem, daarom was die proewe baie straf.
Impala Trampolienklub is trots om te noem dat hulle drie van hierdie 12 gimnaste opgelewer het. Hulle is Adelene Hoogendyk, 12, Rico Immelman, 10, en Ethan Slabbert, 12. Rico het ‘n silwermedalje verower terwyl Adelene met ‘n vierde plek weggestap het. Ethan het sewende geëindig.

Suid-Afrika het ook algeheel goud vir hul dogter- sowel as seunspan verower.
“Ons is baie trots op die atlete. Hulle het baie harde werk ingesit om te kom waar hul is. Ons glo ook hulle sal goed vaar in die jaar wat voorlê, want harde werk word altyd beloon,” het sy ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
