Editor's choiceLocal sportSport

Harlequins gereed vir “baljaar”

Enigeiemand is welkom om by die span aan te sluit

Die gras is gesny en die lyne gekalk. Alles is reg vir die Harlequins om daardie eerste bal van die seisoen af te skop.

‘n Span van Plantwise het gesorg dat die oudste rugbyklub aan die Wes-Rand ‘n pragtige veld het om op te speel terwyl die klublede hulself in tip-top kondisie gekry het vir die eerste wedstryd.

Selfs die mooie Miss Elite 2018-finalis, Temieke Streicher, het ingespring en ‘n grassnyer deur die boskasie op die veld gejaag, en daarmee ‘n tikkie glans aan die geleentheid verleen.

Die vroue van Quins se nuwe netbalspan is Rika Rabè, Suzette Barnard, Marchele van Vuuren en Wilma Norman.
Foto: Bianca Pindral

Die nuwe uitvoerende raad van die Wes-Rand Harlequins Rugbyklub, tesame met talle jeug- en senior spelers, was byderhand om hul ondersteuning te toon.

Dit is die tipe passie en spanwerk waarvoor Quins meer as ‘n eeu bekend is, en bied vir oud en jonk ‘n toevlug weg van hul daaglikse beproewinge, deur die spel van rugby toeganklik te maak vir die hele gesin. Enige ouderdom, seuns en dogters, mans en vroue, groot of klein is welkom om hul rugbytegnieke en -vaardighede daar te ontwikkel en op te skerp.

Hulle het ook ‘n nuwe vrouenetbalspan wat eersdaags in die netballiga begin kompeteer.

Rugby- en netbaloefensessies vind op Dinsdag- en Donderdagaande van 6nm tot 7nm by die klub in Wagenstraat, Burgershoop plaas.

Besoek gerus die Facebook-blaaie Quins Krugersdorp en Harlequins West Rand Youth Rugby Club vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button