Nuwe boksers gereed vir die jaar
Onder leiding van hul afrigter, Donavin Dullishear het 'n totaal van 19 boksers onlangs daarin geslaag om hul rooi status te verower.
Die Krugersdorp-Wes Boksklub is vanjaar weer volstoom aan die gang. ‘n Aantal boksers is reeds vir ‘n eerste keer opgegradeer.
Dit is ‘n behoorlike voorsmakie van wat hulle in die toekoms as boksers kan verwag, het Susan da Silva van die boksklub vertel.
Onder leiding van hul afrigter, Donavin Dullishear het 19 boksers onlangs hul rooi status verower. Volgens hom is dit hul eerste stap van ses.
“Die rooi status is hul eerste opgradering; soos hulle vorder sal hulle verder opgradeer na blou, groen, brons, silwer en dan goud,” het hy vertel.

Hy het bygevoeg dat boksers opgradeer op grond van hul gevegte. Elke bokser moet ‘n sekere aantal gevegte in die kryt voltooi teen opponente van dieselfde ouderdom en/ of gewig.
Susan en Donavin is ook opgewonde oor een van die jaar se eerste ontwikkelingstoernooie wat binnekort in Soweto sal plaasvind.
“Dis ‘n baie goeie geleentheid – veral vir ons nuwe lede – om hul vaardighede te ontwikkel en te sien waartoe hulle in staat is. Ons is saam met hulle opgewonde vir die jaar wat voorlê,” het Susan ten slotte vertel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
