Wit Bulle speel die wit waks uit opponente
Hoërskool Pietersburg was in die tweede helfte steeds aan die ontvangkant.
Daar was groot opwinding toe Hoërskool Pietersburg se busse vroeg op ‘n koue Saterdagoggend, 17 Maart by Hoërskool Monument (Monnas) in Krugersdorp opgedaag het.
Dit was ‘n nat dag maar dit het nie die gees van die hokkie-, netbal- en rugbyspelers gedemp nie.
Die eerste wedstryde het al om 8vm afgeskop.
Die groot wedstryd van die dag was egter die een tussen Monnas se eersterugbyspan (ook bekend as die Wit Bulle) en Pietersburg se eerstespan wat op Monnas se legendariese Ras van Rooyen-rugbyveld plaasgevind het. Die Wit Bulle het sterk begin en reeds binne die eerste paar minute punte aangeteken. Teen rustyd het Monnas ‘n voorsprong van 61–3 gehad.
Monnas se kaptein en SA Skole-haker, Morné Brandon, het ‘n driekuns van drieë behaal en was ook sy span se uitstaande speler. Ruben Westraadt het ook drie keer die doellyn vir Monnas oorgesteek.
Pietersburg was in die tweede helfte steeds aan die ontvangkant en Monnas het uiteindelik die kragmeting met ‘n indrukwekkende 73–3 gewen.

Foto: Dawie Kruger.
Punte wat aangeteken is:
• Drieë: Morné Brandon (3), Ruben Westraadt (3), Henko van Wyk (2), Douw Scheepers, Izan Esterhuizen, Zihan Coetzee
• Doelskoppe: Dean Lategan (9)
• Hoërskool Pietersburg (3) – Strafdoel: Zander de Ridder.
Ander rugby uitslae:
o.14A: Monnas 70–0 Pietersburg
o.15A: Monnas 38–14 Pietersburg
o.15B: Monnas 12–10 Pietersburg
o.15C: Monnas 64–0 Pietersburg
o.16A: Monnas 69–0 Pietersburg
Derdes: Monnas 46–0 Pietersburg
Tweedes: Monnas 40–5 Pietersburg
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
