Witbulle wen Garsies dubbel en dwars
In die tweede helfte het Garsies weer eerste punte aangeteken, maar Monnas het vinnig spoed opgetel.
Hoërskool Monument se eersterugbyspan het Saterdag, 21 April in die eindstryd van die Tuks Reeks teen Hoërskool Garsfontein te staan gekom. Monnas het die kragmeting gewen met meer as dubbel die aantal punte wat Garsies op die telbord kon kry.

Foto: Bianca Pindral.
Garsies se eerstes het vroeg in die wedstryd die eerste drie gedruk, maar kort daarna het Monnas ook punte begin aangeteken. Die spanne het goed teen mekaar opgeweeg en teen halftyd was die spanne gelyk met 14 punte elk.

Foto: Bianca Pindral.
In die tweede helfte het Garsies weer eerste punte aangeteken, maar Monnas het vinnig spoed opgetel en binne 10 minute drie drieë gedruk – al drie nadat die kleinkantjie benut is.
Die manne wat pale toe gekorrel het, het met al die skoppe geslaag en gehelp dat Monnas die res van die stryd voorgeloop het.

Foto: Bianca Pindral.
Die eindtelling was 68–31 in die guns van Monnas.
Die spelers het feesgevier deur voor die pawiljoen vol Monnas-leerders te gaan staan en saam met hulle ‘n kreet te skreeu en toe die skoollied te sing.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
