Editor's choiceLocal sportSport

Trampoliengimnaste maak opslae

Hulle het in vier kategorieë deelgeneem naamlik Mini, Dubbelmini, Euro en Blacktop.

Lede van Impala Trampolien Klub het begin Augustus aan ‘n provinsiale kompetisie deelgeneem as deel van die Sentraal Gauteng-span.

Tydens die kompetisie het 61 gimnaste met talle ander deelnemers van Gauteng-Noord en -Oos in vier kategorieë meegeding, naamlik Mini, Dubbelmini, Euro en Blacktop.

Adelene Hoogendyk, Zumae Kloppers, Daniel Coetzee, Yolindi Mostert en Matthew Marais het almal goud in hul onderskeie kategorieë ontvang. Foto: Alanicka Lotriet.

‘n Totaal van 30 gimnaste het in die Mini-kategorie deelgeneem waarvan agt goud, sewe silwer en 13 brons ontvang het. Die Blacktop-gimnaste het ook goed gevaar toe vier van hulle goud, nege silwer en drie brons ontvang het.

In die Dubbelmini-kategorie het ses gimnaste deelgeneem waarvan twee eerste geëindig het, een tweede en een derde. Sewe gimnaste het in die Euro-kategorie deelgeneem waarvan een eerste geëindig het, twee tweede en een derde.

Zumae Kloppers, Daniel Coetzee, Yolindi Mostert, Adelene Hoogendyk en Matthew Marais het almal goud in hul onderskeie kategorieë ontvang. Foto: Alanicka Lotriet.

Tydens die kompetisie is daar ook ‘n provinsiale span uit gimnaste in die Mini- en Blacktop-kategorie saamgestel wat vandag, 25 Augustus aan die SA’s gaan deelneem.

Die seniorgimnaste het uitstekend gevaar tydens die kompetisie. Foto: Alanicka Lotriet.

Die Dubbelmini- en Euro-gimnaste wag egter steeds in spanning dat die provinsiale span aangekondig word wat van 1 tot 6 Oktober aan die SA’s gaan deelneem.

Vir enige navrae, skakel gerus vir Linda Coetzer by 072 219 4475.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button