Witbulle behou titel as Virsekerbeker wenners
Na 'n strawwe eerste helfte het Monnas reeds 'n voorsprong van 24–6 verseker.
Hoërskool Monument is trots om aan te kondig dat hul eerste rugbyspan – beter bekend as die Witbulle – hul titel as Virseker Beker-kampioen vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar behou het na ‘n senutergende eindstryd teen Helpmekaar Kollege.
Na ‘n strawwe eerste helfte het Monnas reeds ‘n voorsprong van 24–6 verseker, danksy drieë wat aangeteken is deur die Witbulle se linkervleuel, Ruben Westraad, skrumskakel Zihan Coetzee, regtervleuel Dian Oosthuizen, en heelagter, Jason Freeman.
Dian en Jason het momentum behou en elkeen hul tweede drieë in die tweede helfte gedruk. Monnas se haker en kaptein, Morné Brandon en die binnesenter, Douw Scheepers het nog punte agter die doellyn in die tweede helfte aangeteken. Die telbord was gou 50–6 in Monnas se guns.
Die Witbulle se negende drie is aangeteken deur die buitesenter, Henco van Wyk.

Die Monnas-ondersteuners was verheug toe die eindfluitjie blaas en Monnas vir Helpies met ‘n uitmuntende 57–11 afgestof het.
Monnas het ook nog twee ander spanne (o.15 en o.16) in die Virseker Beker-finaal gehad. Die o.16’s het ook teen Helpies gewen maar die o.15’s het teen Hoërskool Menlopark verloor.
Vroeër vanjaar het die Witbulle vir die tweede maal die titel as Tuks-skolereekswenners verower.
Monnas se rugbyhoof, Tjaart van der Walt het gesê dat hy baie trots is op die feit dat Monnas nou die beste rugbyskool noord van die Vaalrivier is.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
