Harlequins hou hul eerste mark
Die Harlequins Rugbyklub is hard aan die werk om fondse in te samel sodat hulle sport gratis vir kinders in die omgewing kan bied.
Die Harlequins Rugbyklub het net een doel voor oë: om die jeug in die omgewing van Krugersdorp-Wes die geleentheid te bied om op dieselfde vlak as ander klubs aan sport deel te neem.
Gevolglik bied hulle rugby en sokker gratis vir die jongklomp aan.
“As ons R100 vra en ‘n ma het ses kinders … ons kan nie verwag dat mense hier soveel moet betaal wanneer hulle vir hul gesinne moet sorg nie,” het Ragel Jardine, die klub se bestuurder verduidelik.
Die klub is egter ten volle afhanklik van donasies van die publiek en van fondsinsamelings om die geleentheid vir almal gratis te kan bied.
Vir hierdie doel het die Harlequins hulle eerste mark en modeparade aangebied, en hoop om dit ten minste een maal per kwartaal te doen. Daar was nagenoeg 70 stalletjies waarby die publiek kon koop, terwyl daar rugby in die agtergrond gespeel is. ‘n Modeparade het kort daarna gevolg.
Vir nog foto’s, kliek hier

