Gholfdag om Krugersdorp-Oos deur die jaar te help
Die Krugersdorp-Oos Gemeente het onlangs 'n suksesvolle negeputjie-gholfkompetisie aangebied en ook 'n paar skole uitgedaag om vir mekaar 'n les te probeer leer.
Dit was ‘n taai jaar wat insamelings aanbetref aangesien die meeste organisasies gedurende die streng grendeltyd nie kon funksioneer nie.
Maar, soos die jaar tot ‘n einde kom word dit weer tyd vir gereelde gholfdae om die finansiĆ«le las op talle organisasies se skouers te verlig.

Die Krugersdorp-Oos Gemeente het hul ondersteuners vanuit die gemeenskap genooi om Vrydag, 20 November ‘n dag saam met hulle op die gholfbaan deur te bring.
Daar is oor nege putjies meegeding en die meeste was vierbalinskrywings.

Oos Gemeente het ook ‘n klompie skole in die omgewing uitgedaag vir ‘n tipe interskolekompetisie.
Onderwysers van Laerskool Muldersdrif, Kenmare, Protearif, Roodekrans, HoĆ«rskool Noordheuwel en Monument het die uitdaging aanvaar om vir mekaar ‘n les te probeer leer.

Die aand tydens die prysuitdeling het die twee beste spelers kluise ontvang. Die drie wenners van die gelukstrekking het onderskeidelik ‘n vonkelwynmandjie, ‘n R1 000-vleiskoopbewys en ‘n Bush Baby-braaier met vyf sakke hout ontvang. Al die pryse is deur lede van die gemeente geborg.
