Witbulle seëvier tydens hul Eeufeesrugbytoernooi
Hoërskool Monument word vanjaar 100 jaar oud, en die beste manier om dit te vier is met iets waarvoor hulle baie bekend is – rugby.
Hoërskool Monument word vanjaar 100 jaar oud, en die beste manier om dit te vier is met iets waarvoor hulle baie bekend is – rugby.
Hulle het oor die naweek van 23 tot 26 April hul Monnas Eeufeesrugbytoernooi aangebied. Nadat Covid-19 die land getref het, moes die spelers vir meer as ‘n jaar geduldig wag voordat hulle weer op die veld kon uitdraf, en die toernooi het gewys die manne was reg om weer kontak te maak.

Spelers van skole van regoor die land het die toernooi bygewoon, en die manne van Monnas, Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) , EG Jansen, Ben Vorster, Menlo Park, St John’s College, Garsfontein, Nelspruit, Rustenburg, Grey College, Paarl Gimnasium, Milnerton, Northcliff, Pretoria Boys High, Outeniqua, Noordheuwel, Helpmekaar, Stellenberg, Welkom Gimnasium en HTS Drostdy het mekaar gedurende die drie dae die stryd aangesê.

In die eerste wedstryd van die toernooi op Vrydag, 23 April, was dit Monnas se tweedespan, die Kwaggas wat met die span van Affies kragte gemeet het. Teen rustyd was die Kwaggas 14–5 voor, maar die manne van Pretoria het egter gewys wat in hulle steek toe hulle in die tweede helfte die agterstand vinnig begin inhaal het. Die Kwaggas het uiteindelik met net drie punte teen Affies verloor. Die eindtelling was 21–24.
Saterdagaand, 24 April, is die wedstryd beslis waarvoor almal gewag het – Monnas Witbulle (eerstespan) teen die span van HTS Drostdy. Teen rustyd was Monnas 21–11 voor, en het uiteindelik na ‘n taai stryd naelskraap met 28–26 gewen.
Ander uitslae tydens die toernooi:
Vrydag, 23 April:
EG Jansen 33–17 Ben Vorster
Menlo Park 42–24 St John’s
Garsfontein 33–17 Nelspruit
Affies 19–9 Noord-Kaap
Saterdag, 24 April:
Milnerton 66–19 Northcliff
Hoërskool Rustenburg 41–15 Pretoria Boys High
Outeniqua 29–17 Noordheuwel
Stellenberg 34–12 Helpmekaar
Paarl Boys High 59–21 Welkom Gimnasium
Paarl Gimnasium 18–16 Grey College
Maandag, 26 April:
St John’s 45–24 Milnerton
Nelspruit 40–24 Noord-Kaap
HTS Drostdy 34–20 Ben Vorster
