Local sportSport

Sables-eindstryd ‘n reuse sukses in Noordheuwel; Krugersdorp-span eindig 3e

Noordheuwel Rolbalklub het onlangs hul Sables Distrikshalfeindrondte en -eindstryd aangebied. Hier is die uitslae ...

Die Noordheuwel Rolbalklub het onlangs hul Sables Distrikshalfeindrondte en eindstryd aangebied waartydens die span van Rustenburg koning gekraai het.

Jan Bester van die Noordheuwel Rolbalklub het vertel dat elke klub ‘n gemengde span van vyf spelers ingeskryf het wat uit mans- en vrouespelers bestaan het

Die spanne het singles, pairs en fours gespeel wat die dag volgens Jan baie intens gemaak het.

Martin Janse.

Oorspronklik het 36 spanne ingeskryf en op 10 en 17 Oktober het die rondomtalierondtes by die onderskeie klubs plaasgevind. Die uitspeelrondtes om die laaste agt spanne te bepaal het op 7 November by die Honeydew Rolbalklub plaasgevind.

Op 14 November was dit die halfeindrondte en eindstryd. Die spanne wat deurgedring het na die halfeindrondte was Discovery met Rika Lynn aan die stuur, Krugersdorp 1 met Coenie Pieterse aan die stuur, Krugersdorp 2 met Elysses Heine as kaptein, en Rustenburg met Gideon Joubert en Beverley Breytenbach aan die stuur.

Gavin Heine.

Rustenburg het na die dag se spel in die eerste plek geëindig, Discovery was tweede, Krugersdorp 1 derde, en Krugersdorp 2 vierde.

Jan het vertel dat die volgende Sables Distriktoernooi die mans en vroue Trips is. Die halfeindrondte vind op 12 Desember by die Randfontein Rolbalklub plaas.

Ten spyte van die reën en weerlig wat die spel vir so 30 minute vertraag het was die dag ‘n reuse sukses en het daar ook sommer baie toeskouers opgedaag,” sê Jan.

By die Noordhewel Rolbalklub het hulle ook ‘n aktiewe liga wat bestaan uit onderwysers wat teen mekaar speel, en ‘n besigheidsliga waar besighede koppe stamp.

“Die klub het ‘n aantal lede uit die groepe gewerf. In geheel is rolbal besig om veld te wen, veral onder die jonger geslag.”

Hy het vertel dat behalwe vir die kompetisie wat die sport bied is daar ook ‘n groot sosiale impak. Baie mense, veral alleenlopers, neem deel en kan dan ‘n bietjie uitkom en saam met ander mense die spel geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button