Sport

Ringbal weer volstoom aan die gang

'Ons het drie rondtes wedstryde gespeel, met verskeie water- en verfspeletjies tussenin.'

Die Warriors Ringbal Klub is weer volstoom aan die gang en het dit onlangs met ‘n opwindende Warriors Ringbal Pretdag gevier.

Alle Wes-Randse klublede sowel as hul vriende en familie is genooi om op Saterdag, 12 Februarie in die dag se joligheid te deel. Volgens klubvoorsitter, Bertus Botha wou hulle graag die sport bevorder, en voormalige en nuwe lede lok.

Weens Covid die afgelope paar jaar het ons sport ‘n redelike knou weg as gevolg van regulasies en afwesigheid van lede. Daarom het ons bestuur so ‘n dag gereël – om mense te herinner waaroor dit gaan,” het hy vertel.

“Ons het drie rondtes wedstryde gespeel, met verskeie water- en verfspeletjies tussenin. Ons het selfs ‘n prettige kleurpoeiergeveg gehad. Sodra die son die spelers ‘n bietjie te warm begin bak het, het hulle gou weer afgekoel met ‘n waterballonspeletjie of twee. Ons vertrou dat almal die dag saam met ons geniet het.”

Die ringbalspelers in aksie. Foto: Alanicka Lotriet.

Bertus hoop om dié pretdag ‘n hoogtepunt op hul kalender te maak.

Ons wil graag weer ringbal aan die gang kry, en ons glo dat Saterdag se aktiwiteite by al die gaste aanklank gevind het. Hiermee wil ons ook graag almal bedank wat deel gehad het aan die sukses van die dag. Ons sien daarna uit om weer volgende jaar so te maak,” het Bertus ten slotte vertel.

Een van die ringbalspelers in aksie. Foto: Alanicka Lotriet.

Ringbalspelers doen hul weergawe van die haka.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button