Sport

Nuwe liga gestig om vroueboks te bevorder OF Dit lyk of vroueboks ‘n blink toekoms het

Die Vikings Boksklub se doel is om 'n damesliga te begin, en een keer 'n maand al die meisies en vroue van boksklubs aan die Wes-Rand saam met hulle te laat oefen.

Die Vikings Boksklub het onlangs boksers van regoor die Wes-Rand genooi om saam met hulle te kom oefen om hul nuwe damesliga bekend te stel.

Phillip du Rant van die Vikings Boksklub wat deesdae by Key West se binnenshuise sportarena gesetel is, het verduidelik dat hulle die afrigters en dames genooi het om op 4 Mei saam met hul klub te kom oefen.

Eerstens wou hulle hul nuwe damesliga bekendstel, maar die aand het ook ‘n ander doel gehad. Die dames kon almal saam oefen en die afrigters kon hulle help met hul tegniek.

“Ons wil damesboks bevorder, en die boksers help om meer in die sport te bereik,” het Phillip gesê.

Hul doel is om ‘n damesliga te begin, en een keer ‘n maand al die meisies en vroue van boksklubs aan die Wes-Rand saam met hulle te laat oefen.

“Ons wil hulle help om sterker te word en hul tegniek reg te kry.”

Phillip het aan die boksers vertel dat hulle ‘n Wes-Gautengse vroueboksspan op die been wil bring wat ook met die res van die land se vroueboksers kan meeding. Hy wil hê dat ander provinsies moet skrik vir hulle meisies.

“Ons het goeie, sterk dames.”

Boksers en afrigters van die Dan Bushley-, Krugersdorp-Wes-, Protearif-, Vikings-, Eagles-, Bekkersdal-, Kagiso-, Fire and Ice-, Hillside- en Mohlakeng-boksklub het almal die aand bygewoon.

Phillip het ook gesê dat hulle altyd op soek is na borge wat kan help met onder andere sweetpakke vir hierdie toekomstige boksterre.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button