Local sportSport
Alle oë op Western Wolves in Edenvale
Die Western Wolves wat by die Key West Action Arena krieket speel verteenwoordig tans Wes-Gauteng tydens 'n nasionale toernooi in Edenvale.
Die Western Wolves wat by die Key West Action Arena krieket speel is onlangs gekies om Wes-Gauteng by die Nasionale Interprovinsiale Toernooi vir Aksiekrieket in Edenvale te verteenwoordig.
Die toernooi het op 24 Mei afgeskop en duur tot en met 28 Mei.
Voor van links is JP van Rensburg, Luandré van Wyk, Monty van der Merwe (kaptein), Zander Kloppers en Calden de Jager. Agter is Ewan Fourie (spanbestuurder), Alwyn Vos (afrigter), Dean Hodgson, Eric van Eck, Gerbrand O’Kelly, Justin Joseph, Zayne Human, Brandon van der Merwe en Roelof Strydom. Anouschka Lubble en Keller Williams, die spanborge, staan in die middel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
