School sportSport

Swartmasjien en Kwaggas deel Superligabeker

Hier is al die Goue Leeus Rugby Unie se ligawenners vir laerskole van o.9 tot o.13. Al die eindstryde het Dinsdag by Hoërskool Florida plaasgevind.

Die Superligabeker vir laerskole se o.13’s word vanjaar deur Laerskool Kenmare se Swartmasjien en Helderkruin se Kwaggas gedeel.

Op Dinsdag 14 Junie het verskeie eindstryde in die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) se liga vir laerskoolspanne van o.9 tot o.13 by Hoërskool Florida plaasgevind. Dié twee o.13-spanne het in ‘n opwindende eindstryd 24-elk gelykop gespeel. Dit was ook die hoofwedstryd.

Albei spanne het kwaliteitrugby opgedis – iets waarop die GLRU kan trots wees.

Rikus Brink van Kennies se o.13’s dra die bal in ‘n kontaksituasie.

Dit was ‘n wipplanksffêre van die begin af, ‘n een vir jou en een vir my scenario tot die laaste minuut. Daar was naelbytoomblikke tot in die doodsnikke van die wedstryd.

Met min tyd oor was Kennies 24–17 voor maar die Kwaggas se agsteman Jaydon Jubber het ‘n briljante individuele drie gedruk toe hy deurgebreek het, ‘n opponent of twee gepypkan het, en by die kantlyn afgesnol het om uiteindelik reg onder die pale te gaan druk. Die doelskop was oor en die telling gelykop. Die beker het dus vanjaar twee eienaars.

Vir Kennies het die buitesenter Martin Opperman uitgeblink en twee pragdrieë gedruk. Hy was omtrent ‘n handvol vir die verdedigers en die mannetjie het beslis ‘n groot rugbytoekoms. So terloops, hy was eers ‘n flank voordat hy op senter gekies is.

Kennies-o.13’s se buitesenter Martin Opperman het uitgeblink en twee pragdrieë gedruk.

Albei afrigters het na die gelykopuitslag met die News gesels.

Dis nie lekker om gelykop te speel nie. Jy voel jammer vir die seuns dat daar nie ‘n wenner is nie maar dit was regtig twee goeie spanne en die uitslag is regverdig. Rugby het beslis gewen,” het Peter du Toit, Kennies-sporthoof gesê.

Eddie du Plessis, een van Kruiners se afrigters was in sy noppies met die uitslag en dankbaar dat sy span ‘n haas uit die hoed kon pluk.

“Ons het in die tweede helfte gesukkel met balbesit. Dissipline het ons gekos. Ons was teen die einde onder druk en moes baie skop. Toe ons die kans gebruik om te hardloop het dit gelukkig vir ons uitgewerk. Ons sal beslis die gelykopuitslag vat eerder as ‘n loesing. Ons is baie trots op die seuns om dié een te kon deurtrek. Dit was van die beste rugby wat hulle vanjaar gespeel het.”

Die GLRU se Donna Lourens het tereg tydens die prysuitdeling gesê dat skolerugby groter en beter as ooit tevore is, nadat die pandemie die kinders van so baie ontneem het. Hulle is duidelik lus vir rugby. Daar is hope talent en Rassie hoef hom glad nie te bekommer oor die spelers wat oor tien jaar beskikbaar sal wees nie.

Stefan Janse van Vuuren van Kennies se o.13’s in aksie.

Hier is al die wenners van die onderskeie eindstryde:

Tweede Divisie:

• o.9 – Jongspan (Wenners)
Boskop Primary School (Naaswenners)
• o.10 – Laerskool Die President (Wenners)
Jongspan (Naaswenners)
• o.11 – Laerskool Gerrit Maritz Primary (Wenners)
Laerskool Die President (Naaswenners)
• o.13 – Laerskool Die President (Wenners)
Laerskool Losberg (Naaswenners)

Eerste Divisie:

• o.9 – Laerskool Modderfontein Primary (Wenners)
Laerskool Glenharvie (Naaswenners)
• o.10 – Laerskool Modderfontein Primary (Wenners)
Laerskool Millennium Primary (Naaswenners)
• o.11 – Laerskool Modderfontein Primary (Wenners)
Westgold Primary (Naaswenners)
• o.13 – Westgold Primary (Wenners)
Laerskool Modderfontein Primary (Naaswenners)

Ruan Pieterse, Christo Hugo (Westgold-skoolhoof) en Les Eksteen met die Eerste Divisiebeker vir laerskole se o.13’s.

Premierliga:

• o.9 – Laerskool Muldersdrif (Wenners)
Laerskool Unika (Naaswenners)
• o.10 – Leeuwenhof Akademie (Wenners)
Laerskool Fontainebleau (Naaswenners)
• o.11 – Laerskool Fontainebleau (Wenners)
Leeuwenhof Akademie (Naaswenners)
• o.13 – Laerskool Louw Geldenhuys (Wenners)
Laerskool Unika (Naaswenners)

Sub-Superliga:

• o.9 – Monument Primary (Wenners)
Laerskool Fochville (Naaswenners)
• o.10 – Trinity House (Wenners)
Laerskool Randfontein (Naaswenners)
• o.11 – Laerskool Florida en Trinityhouse deel die beker na ‘n 7-elk gelykopuitslag
• o.13 – Monument Primary (Wenners)
Laerskool Krugersdorp-Noord (Naaswenners)

Superliga:

• o.9 – Laerskool Fairland (Wenners)
Laerskool Randhart (Naaswenners)
• o.10 – Laerskool Orion (Wenners)
Laerskool President Steyn (Naaswenners)
• o.11 – Laerskool Kenmare (Wenners)
Laerskool Randhart (Naaswenners)
• o.13 – Laerskool Helderkruin en Laerskool Kenmare deel die beker na 24-elk gelykopuitslag

Rayden Vermooten, Divan Coetzee en Jean du Plessis van Kennies met die Superligabeker vir laerskole se o.11’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button