School sportSport

Norie-rugby is Wes bes

Verskeie seuns en 'n afrigter van Laerskool Krugersdorp-Noord het presteer in rugby.

Laerskool Krugersdorp-Noord is trots op ‘n handvol rugbyseuns wat onlangs gekies is om deel te wees van twee Wes Laerskole Rugbyspanne.

Ricardo Roeloff, Keadan Jacobs, Hantsatsi Mokotedi, Jayden Momberg, Stefan Joubert, Pieter Botes en Justin Christians is in die o.11-span opgeneem terwyl Stefan Schoeman, Jewandré de Villiers, Johan van der Linde, Eduard Maritz en Wihan Gouws in die o.12-span ingesluit is.

Die skool se Wykham Paulk is gekies om een van die spanne af te rig.

Wykham Paulk van Nories is gekies as afrigter vir een van die Wes Laerskole Rugbyspanne.

Die seuns het reeds op 20 en 27 Augustus en op 3 September teen verskeie spanne gaan deelneem en aan die einde van die toernooi is daar ‘n rooigroep vir die o.11- en o.12-spanne gekies met die oog op aanstaande jaar se provinsiale wedstryde.

Die skool wens graag elke seuns en afrigter geluk.

Die o.12-rugbyseuns van Nories wat gekies is vir die Wes Laerskole Rugbyspan is Stefan Schoeman, Jewandré de Villiers, Johan van der Linde, Eduard Maritz en Wihan Gouws.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button