EntertainmentLocal newsSport

Trompoppies gee spog vertoning binne Cradlestone

Die Silver Synergy-trompoppies het 'n spogvertoning gelewer vir inkopiegangers by Cradlestone.

Terwyl die Cradlestone-winkelsentrum se inkopiegangers onlangs besig was met hul Kerskopies was hul bederf met ‘n optrede deur die Silver Synergy-trompoppies.

Op Saterdag, 26 November het Silver Synergy se senior- en van die juniorspanne voor die Woolworths in die winkelsentrum opgetree en sommer ‘n groot skare nader gelok.

Hoofafrigter Tammy van Loggerenberg het vertel hulle het die winkelsentrum geskakel en ‘n opvoering gereël sodat hulle bietjie blootstelling kan kry. Hulle doen gereeld deur die jaar sulke optredes maar doen dit meer gereeld gedurende die tweede helfte van die jaar wanneer hul kompetisie jaar verby is.

Hierdie jaar het Silver Synergy aan al die Federation of Dance Drill, Cheerleading and Majorette sport in Gauteng Province (FDDCMGP) kompetisies deelgeneem en ook in Julie aan die Federation of Dance Drill, Cheerleading and Majorette Sport South Africa (FDDCMSA) se nasionale kampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem.

Die groep oefen elke Saterdag en sien uit om 2023 ‘n groter span op die veld te hê. Tammy het ook gesê dat hulle uitsien om natuurlik weer te kwalifiseer vir die nasionale kampioenskappe wat in 2023 in die Kaap gehou sal word.

Indien jy by die groep wil aansluit kan jy vir Tammy skakel op 074 469 2111.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button