Sport

Wesrand gholfers trek saam vir ‘n goeie doel

Meer as 100 gholfspelers van regoor die Wesrand het in Krugersdorp bymekaargekom om die Infinity Pageants se Beauty On The Greens-gholfdag te ondersteun vir 'n goeie doel.

Talle gholfers het op Donderdag, 26 Januarie by die Krugersdorp Gholfklub bymekaargekom vir die Infinity Pageants se Beauty On The Greens-gholfdag.

Een van die organiseerders Janine van Loggerenberg het vertel dat dit jaarliks gehou word. Alhoewel dit gewoonlik in November plaasvind is dié gholfdag na Januarie geskuif.

Mike van Deventer en Rohan Booysen. Foto ingestuur.

Sy het verduidelik dat die fondse wat vanjaar ingesamel is vir twee hip-hop dansers van The Dance Hub Company bedoel is.

“Hulle gaan oorsee dans in Kroasië om ons land te verteenwoordig.”

Mev Wesrand Karin Mulder. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat dit ‘n groot sukses was en hul het oor die 100 spelers gehad wat die dag kom ondersteun het.

Daar was ook ‘n Mahindra wat gewen kon word op gaatjie nommer 6 sou iemand ‘n ‘hole-in-one’ slaan. Ongelukkig het niemand die kar gewen nie.

Renaldo Wright, Ethan Ferreira en Dewalt Strydom. Foto ingestuur.

“Ons wil ons borge bedank, elke sakeman in die Wesrand, elke speler wat ons kom ondersteun het en elke Mnr, Mej en Mev Randfontein- en Krugersdorpfinalis wat baie hard gewerk het om die dag ‘n sukses te maak.”

Dawid Croucamp, Lesley Koekemoer en Sylvester Engelbrecht. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button