School sportSport

Grey bo in Kennies se agterplaas

Op Woensdag, 8 Maart het Laerskool Kenmare sy jarelange verhouding wat byna twee dekades strek met die span van Bloemfontein in die Vrystaat voortgesit.

Daar was hope durf en daad van die Swartmasjien maar dit was net nie genoeg om een van Suid-Afrika se top rugbyskole en swaargewigte in die sport, Grey College, te stuit nie.

Op Woensdag, 8 Maart het Laerskool Kenmare sy jarelange verhouding wat byna twee dekades strek met die span van Bloemfontein in die Vrystaat voortgesit en alhoewel dit nie Kennies se dag op die rugbyveld was nie, het die seuns van beide skole alles gegee; wen of verloor.

 

Wedstryde het reeds om 14:00 tussen die o9’s afgeskop en tot minstens na 18:00 met die o13A’s afgesluit. Grey was aan die wenkant in al die kragmetings maar ten spyte van die resultate het die Kennies-woordvoerder Peter du Toit die kragmeting as uitstekende voorbereiding vir die liga beskou en die opponent se lof besing.

“Ek dink hulle is een van die beste rugbyskole in die land en vir ons as Kenmare is dit belangrik om teen ‘n top skool soos Grey kragte te meet. Die tellings was nooit wegholseges nie en ons het ongelooflike rugby gespeel waarop elke seun trots kan wees. Elke Kennie het nooit ophou baklei nie.

Ian Ferns van Kennies duik oor vir ‘n pragdrie.
Die Grey-speler was ‘n handvol.

“Ons het ongelukkig te veel drieë op ‘n skinkbord weggegee. Die feit bly staan as jy teen Grey ‘n fout maak is dit sewe punte teen jou – dit is die realiteit en wat hulle so goed maak.”

Volgens Peter was dit ook nie die eerste keer wat die twee skole koppe stamp nie en kom hulle al ‘n lang pad saam.

“Ons en Grey College het ‘n verhouding wat 17 jaar kom en in die tydperk het ons meer as 20 keer teenmekaar gespeel – ons by hulle en hulle by ons. Ons het in daardie tydperk hulle al baie geklop en dit boonop weg van die huis af ook.”

Dit gaan keer kos.
Wian Smook van Kennies duik ‘n verdediger.
Aiden du Toit van Kennies korrel pale toe.
Hoek toe!

Die Kennies-eerstespan mik natuurlik weer hoog in 2023 en is daar hoë verwagtinge. Kennies en Kruiners (Laerskool Helderkruin) het juis verlede jaar die Goue Leeus Rugby Unie se Superligabeker vir laerskole se o13’s gedeel na ‘n 24-elk gelykopuitslag en hulle sal die keer nie net een hand op die trofee wil hê nie maar eerder albei.

Hul volgende vriendskaplike wedstryd (tuis) is hierdie week teen Laerskool Generaal Hendrik Schoeman van Hartbeespoortdam. Die liga skop eers in die tweede kwartaal af.

Grey op die aanval.
Wickus Marais van Kennies.
‘n Kennie voer ‘n mooi duikslag uit.
Ben de Jager van Kennies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button