Sport

Vroue geniet ‘n rolbaldag net vir hulle

Vroue vanaf Krugersdorp, Noordheuwel, Discovery en so ver as Randburg het die klub kom ondersteun.

Talle vroue van regoor die Wesrand het bymekaargekom om deel te neem aan die Randfontein Rolbalklub se jaarlikse Ladies Day wat op Woensdag, 19 April plaasgevind het.

Lees ook: Onnies sê mekaar die stryd aan op die rolbalbaan

Sanele Cebekhulu en Fortunate Ndaba van Lenmed Randfontein.
Ella Oosthuizen, Yvonne Faber, Retha Zwart en Marthie de Jager.
Tsholofelo Radebe, Yvonne Mokawane en Hetty Mhlongo van Lenmed Randfontein.

President van die klub, Vera Pretorius het vertel dat daar 80 vroue van Krugersdorp, Noordheuwel, Discovery en selfs so ver as Randburg die dag bygewoon het.

Lees ook: Onnies neem aan rolballiga deel

Ingrid Vermooten van Krugersdorp.
Nelie Schroder van Krugersdorp.
Sommige van die pryse vir die gelukkige trekkings.

“Die jaarlikse Ladies Day word gehou om fondse in te samel vir die klub, om ons bane te onderhou en ook ons klub te onderhou want dit is die enigste inkomste wat ons het.”

Vera het verduidelik dat Lenmed Randfontein Privaat Hospitaal ‘n groot gedeelte van die dag geborg het, hulle het vir al die vroue wat gespeel het griepinspuitings gegee, papsmere aangebied en bloeddruk- en cholesteroltoetse gratis aagebied.

Carol Phitidis, Gail Cooper, Nelie Schroder en Maureen Love.
Anna-Marie Muller, Monika Landman, Marthie Naude en Retha van der Walt.
Karin Barnes, Kathy Maritz, Hester Bothma en Ansie Fourie.
Sommige items wat verkoop was gedurende die dag.

Na ‘n heerlike ontbyt het die vroue 18 koppe gespeel en was later bederf met ‘n lekker middagete waar almal saam kon gesels en opvang.

Daar was ook gelukkige trekkings gewees en ‘n kontantprys vir die beste speler van die dag.

“Dit was net ‘n klomp vrouens wat bymekaar gekom het om die dag te geniet.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button