Sport

Nog medaljes vir dorp se goue fietsryer

Mario Nell het onlangs nege goue medaljes en een silwer by die SA baanfietsry kampioenskappe ingepalm.

Die bekende baanfietsryer van Krugersdorp, Mario Nell, het onlangs 10 medaljes ingepalm tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Maar om medaljes in te ryg is niks nuut vir die 51-jarige nie.

Mario is in Port Elizabeth, deesdae bekend as Gqeberha, gebore en het op die ouderdom van agt begin fiets ry.

Lees ook: If you ride a bicycle or a motorcycle, take note

Hy vertel dat sy pa ‘n langafstandatleet was saam wie fiets gery het wanneer hy gaan draf het. Hy sou van straatlig tot straatlig jaag en na ‘n ruk omdraai en terug ry tot by sy pa en die hele proses herhaal. Later was dit sy vriende en familie se ondersteuning en aansporing wat hom laat besluit het om met die sport aan te hou.

Deesdae werk hy in ‘n fietswinkel waar hy ander fietsryers help. Hy ry vir die TEG – ACTOP Vets fietsryspan en was al telkemale die kaptein van die Suid-Afrikaanse fietsryspan. Mario kompeteer al vanaf 1985 en dit was ook in daardie jaar waar hy sy eerste Suid-Afrikaanse goue medalje gewen het. Hy het al sy nasionale en Springbok-kleure verwerf deur die jare en was selfs die kaptein van die span wat na die wêreldkampioenskappe gegaan het.

Lees ook: Ritmia Gemeente-fietsryers gee alles by Cradle Moon

Hy spog met 115 Suid-Afrikaanse medaljes, ‘n paar wêreldkampioenskap medaljes asook African Champs medaljes. Mario het vertel dat met sy pa se hulp en afrigting het hy tot by die meesters afdeling gegaan.

By die SA Kampioenskappe wat van 1 tot 5 April gehou is by die Bellville Velodrome het hy aan 10 afdelings deelgeneem en nege goue medaljes en een silwer gewen. Op dag een het hy goud gewen in die 1 500m en 2 000m Individual Pursuit. Op dag twee het hy goue medaljes gewen in Keirin en die 10km Scratch-wedren, Op dag drie het hy goud gewen in die Match Sprint. Dag vier het hy goud gevat in die 500m Individual Time Trial en Points-wedren. Dag vyf het hy goud gekry in die 4 000m Team Pursuit en die Madison-afdeling. Hy het ook daardie dag silwer gewen in die Team Sprints.

Hy vertel dat hy oor Desember baie ure ingesit het saam met sy vriend Thys Oosthuizen in Franschhoek ter voorbereiding. Hy het ook spesifieke oefeninge vroeg in die oggende gedoen, veral binnehuis, sodat hy van die gevaarlike paaie af kan bly.

Hy het ook op 26 Desember 2022 aan die Paarl Boxing Day se 25-myl wedren deelgeneem en derde in die Elite-wedren geëindig. Dié het hy vertel het baie gehelp met die voorbereiding vir die SA’s.

Die moeilikste deel van die kampioenskappe vir hom was die Match Sprint. Die Madison wat hy saam met Theuns van der Bank gery het, het hy vreeslik geniet.

Deur die jare het Mario ook tweede gekom in die Worlds Scratch-wedren in Sydney, Australië; eerste by die World Master-spele (ook in Sydney) en eerste by die Africa Games. Iets wat egter uitgestaan het was toe hy in 1992 by die SA Kampioenskappe (wat in Krugersdorp by die Bob van Reneen Stadion gehou is) eerste gekom het.
Sy trotste oomblik was egter die o13 SA-padkampioenskappe waar hy ook eerste plek gevat het.

Sy raad aan ander fietsryers is om nooit op te hou glo dat jou drome kan waar word nie.

“Eerste, tiende of laaste is net so spesiaal soos enige ander posisie. Solank jy dit net geniet.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button