Sport

Monnas onnie kompeteer by SA hengel vir gestremdes

'n Gestremde onnie van Monnas het 'n nuwe sport aangepak en homself tot in die SA's gehengel.

Wimpie Lindig is ‘n onderwyser by Hoërskool Monument waar hy sy allerdaagse lewe deurgaan sonder ‘n linkerbeen.

Hy het sy been in 1988 in ‘n motorfietsongeluk verloor en loop tans met ‘n prostetiese been. Die gestremdheid het nog nooit hom gekeer om in sport deel te neem nie en Wimpie het al by die 2000 Sydney Paralimpiesespele, die 1998 Wêreldspele en die 2009 Gauteng Gholf vir Gestremdes gholfdag deelgeneem. Vanjaar verskuif sy fokus van die sportvelde na die water.

Wimpie was vanaf 10 tot 13 April by die Hengel SA Kampionskappe vir Gestremdes waar hy deelgeneem het. Die kompetisie was by Bloemhofdam en het 57 gestremde hengelaars van alle ouderdomme rondom die land verwelkom. Die uitleg van die kompetisie was dat elke hengelaar in ‘n sone van 30 meter verdeel is, en dat hulle vanaf 07:00 tot 15:00 soveel en so swaar as moontlik visse moes vang om hulle posisie te bepaal. Elke hengelaar mag ook ‘n helper gehad het, waar sy seun, Larko, hom gehelp het. Wimpie het 31ste geplaas met sy swaarste vis – ‘n 9kg Baber.

“Ek waardeer die goeie boodskappe van Monnas af, en is dankbaar vir my gesin en Larko se ondersteuning,” het Wimpie gesê.

Wimpie het die ervaring en samesyn vreeslik geniet. Hy wil graag in 2026 Suid-Afrika by die Hengel Wêreldspele vir Gestremdes verteenwoordig en oefen baie hard om te kwalifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button