Sport

Die WWE-ster van die Wes-Rand

Stoeier van Monument wil een van die WWE se gewildste deelnemers wees.

Christo Kotzé is ‘n stoeier by DUNGEON Pro Wrestling Academy, waar hy ‘n beloofde toekoms het as ‘n profesionele stoeier. Hy stoei al vir ‘n jaar en ‘n half lank en hy doen dit juis vir die fisiese aspek daarvan.

“Jy sit jou lyf op die spel vir ander se vermaak,” het Christo gesê.

Die stoei waaraan hy deelneem word as World Wrestling Entertainment (WWE)-styl beskou waar die vertoning as ‘n ‘storie’ beskryf kan word.

Hy sê daar is twee tipe stoeiers, die ‘Baby Face’, wat die held en hooffiguur van die stoeiery is en die ‘Heel’, wat die antagonis is, wat daarop staat maak dat die toeskouers ‘n haat teenoor hom ontwikkel.

Christo Kotzé in aksie.

Christo verkies om die antagonis te wees en hy wil laat mense hom haat om aan die ‘storie’ by te voeg waar hy die toeskouers se reaksies en adrenalien geniet. Hy oefen drie keer ‘n week en het hy al by kompetisies soos Arnold Classic Africa deelgeneem.

Christo sê die enigste persoon wat beter is as hy is, is sy vorige self.

“Christo is die beste student wat ek al ooit gehad het. Ek dink die enigste manier vorentoe is vir hom om oorsee te gaan deelneem,” sê sy afrigter, Juanre Ward.

Christo is tans besig om te spaar en in die Verenigde State van Amerika (VSA) aan die WWE deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button