In die Blignaut-atletiekmasjien se spore
Annabelle Blignaut, 'n Graad 7-leerder van Laerskool Protearif hou die Blignaut-familie se naam hoog in atletiek nadat sy 'n silwermedalje tydens die SA-kampioenskappe ingepalm het.
Annabelle Blignaut is hoofdogter by Laerskool Protearif waar sy nie net op kulturele of akademiese gebied presteer nie, maar ook op die sportveld. Sy speel graag netbal, maar haar hoofsport is diskus, waar sy ‘n helder toekoms het.
Sy kom uit ‘n familie van spog-atlete, waar haar oupa, Pierre Blignaut, al vyfde by die Olimpiese Spele was in diskus en die Suid-Afrikaanse Olimpiese span afgerig het. Pierre het sy kleindogter ook afgerig en is ‘n man wat diep spore getrap het in die sportwêreld, nie net hier op die Wes-Rand nie, maar regoor Suid-Afrika. Hy is gedurende die feestyd in die ouderdom van 75 oorlede. Volgens sy seun Armand, het sy pa sy stryd teen kanker op 13 Desember verloor.

• Lees ook: KYK: Huldeblyk aan wyle Pierre Blignaut.
Annabelle se pa, Armand Blignaut het ook aan diskus deelgeneem en rugby gespeel terwyl haar ouer sus ‘n SA hoogspring atleet is. Sedert sy pa se afsterwe het Armand vir Annabelle onder sy afrigtingsvlerk geneem. Armand het ook ‘n diskus-sirkel by hulle huis vir haar gebou, sodat sy daar kan oefen.
Volgens Armand, werk Annabelle baie hard en volg sy beslis in haar oupa se voetspore.
Al die harde werk wat sy doen het vrugte afgewerp. Sy haal die SA kampioenskappe seder sy in graad vyf is – en het Annabelle juis vierde by die SA’s gekom in diskus. In graad sewe het sy tweede gekom in diskus vir dogters o13. Verder het sy beindruk by Kluster-, Krugersdorp-, D2- en Gauteng-byeenkomste waar sy vanjaar ‘n silwermedalje ingeaplm het tydens die SA’s gehou by die Universiteit van Limpopo.
Sy gaan 2025 Hoërskool Monument toe, waar sy vreeslik uitsien om haar diskus te verbeter. Annabelle sê dat mens nie moet ophou om hard te werk nie, en dat mens moet deurdruk as jy wil presteer.
