Sport

Graad 3-leerder floreer in judo

Anton Booyens (9) gaan SA's toe vir Judo.

Anton Booyens, ‘n negejarige en graad 3-leerder van Ambulanté Academy, het ‘n blink toekoms in judo nadat hy goud ingepalm het tydens die Champion of Champions-kompetisie wat by Wits gehou is.

Hy het ook sy Gauteng-kleure verwerf en boonop gekwalifiseer om die 2024 SA Skolespan te verteenwoordig tydens die nasionale kampioenskappe in Bloemfontein in Junie.

Anton Booyens op die podium tydens die 2022 SA Skole.

Anton doen judo al vir drie jaar en het gedurende 2022 en 2023 ook aan SA’s deelgeneem.

“Ek hou baie van judo en oefen baie hard,” het Anton afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button