Sport

Tafel gedek vir Nories teen Monnas-rugbyderby

Die lang verwagde Monnas teen Noordheuwel rugbyderby is om die draai en beide skole het vertroue in hul eerste spanne.

Die tafel is gedek vir ‘n smaaklike Krugersdorp-derby tussen die eerste rugbyspanne van Hoërskool Monument en Hoërskool Noordheuwel wat op 18 Mei mekaar in die Noordvaal-beker aanpak.

Dit is nie ‘n geheim in die Krugersdorp-gemeenskap dat Monnas en Nories sterk meeding teen mekaar nie, veral op die sportveld.

Monnas se Wit Bulle (eerste span) sal natuurlik graag sy dominansie wil voortsit nadat hulle die afgelope twee kragmetings baas was – eers ‘n soete 28–17 oorwinning weg van die huis af in Mei 2023 en ‘n naelbyt sege van 33–29 tuis gedurende Augustus 2022. Nories sal beslis ‘n stop wil sit aan die Wit Bulle kom 18 Mei. Die wedstryde sal by Monnas plaasvind.

• Lees ook: Witbulle bo in Krugersdorp derby

Nories se direkteur van rugby Botter Louwrens, het gesê dat hulle floreer hierdie seisoen. Nories het dit twee-uit-twee gemaak in die Wildeklawer-reeks en slegs een wedstryd tot dusver vanjaar verloor. Hy sê dat hulle vir die Monnas-derby dieselfde voorberei net soos enige ander wedstryd, Dit sluit in drie keer ‘n week oefen vir ‘n uur en ‘n half, asook gimnasiumsessies inwerk.

“Ons ontwikkel ons span al vandat hulle in graad agt was. Ons is opgewonde vir die toekomende wedstryd. Die gaping tussen ons en Monnas raak al hoe kleiner en ek hoop die wedstryd gaan in goeie gees wees want ek het baie respek vir hul rugby,” het Botter gesê.

• Lees ook: Wat ‘n derby! Wit Bulle byt vas teen vasberade Nories

Monnas se hoof van rugby Tjaart van der Walt, sê dat hulle tot dusver ‘n goeie seisoen beleef het en veral trots is op hul prestasies tydens die Wildeklawer-reeks, met ‘n spogsege oor Boland Landbou. Hy sê ook dat Monnas soos normaal sal voorberei vir die aankomende derby, waar die Wit Bulle beoog om kwaliteit rugby op te dis soos wat hul gekenmerk voor is in hul 103-jaar oue rugbytradisie.

“Monnas is trots en dankbaar vir elke ondersteuner, oud-Wit Bulle en Monumentare wat lojaal is aan Hoërskool Monument. Hou beslis 18 Mei oop,” het Tjaart afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button