Sport

Monnas spog met 20 Goue Leeus-spelers

Talle Monnas-leerders sal binnekort vir hul onderskeie Goue Leeus-spanne uitdraf in die skoolvakansie.

Hoërskool Monument spog met 20 spelers in die Goue Leeus se onderskeie o18 Cravenweek, o18 Akademieweek, o16 Grant Khomo en o16 Akademie-spanne (Welpies).

Tinus Diedericks, voorsitter van die Goue Leeus Hoërskole Rugby Vereniging, het al die betrokke seuns gelukgewens wat in aksie sal wees gedurende die opkomende skoolvakansie.

“Dit is beslis ‘n eer,” het hy gesê.

Volgens Monnas-woordvoerder Belinda du Toit, skop die Cravenweek op 23 Junie by Monnas af en duur voort tot 29 Junie.

“Dit is oop vir die publiek om by te woon,” het Belinda opgewonde gesê.

Die spelers is as volg:

o18 Cravenweek:

• Jaques Botha
• Jamaal Feldman
• RJ Barnard
• Keenan Meyners
• Luhan Swart

o18 Akademie-span:

• Juandre Marais
• Vincent Roberts

o16 Grant Khomoweek-span:

• Dexter Chiyangwa
• Ryno van der Westhuizen
• Juandré Ehlers
• Loghan Langeveldt
• Jaydon Viljoen

o16 Akademieweek-span (Welpies):

• Tristan Rodrigues
• Deacon Korff
• Jordan Swanepoel
• Logan Hughes
• Ewan Beukes
• Cameron Kourie
• Siya Ncube
• Ruan Genis

Check Also
Close
Back to top button