Sport
G’n keer aan Monnas se eerste seunshokkiespan
Monnas se eerste seunshokkiespan is in die sewende hemel nadat hul die titel verower het tydens die Noordvaal-kampioenskappe.
Hoërskool Monument se eerste seunshokkiespan is onlangs as konings gekroon tydens die Noordvaal-kampioenskappe. Hulle was boonop onoorwonne.
Volgens Monnas se hoof van hokkie Divan Geyser, was die Noordvaal-kampioenskappe by Hoërskool Merensky in Tzaneen gehou waar wenners van die verskeie ligas insluitend die Wes-Rand, Noord-Gauteng, Noord-Wes, Mpumalanga en Limpopo deelgeneem het.

“Dit is die eerste keer in ons skool se geskiedenis dat ons eerste span die toernooi wen. Die span was baie goed voorbereid, het hard gewerk en verdien elke oomblik van glorie,” het Divan gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
