Sport

Proties tweede in Superliga

Proties is as die naaswenners van die Superliga in hokkie gekroon.

Laerskool Protearif se o11A-hokkieseuns het onlangs in die Superliga by Hoërskool Monument deelgeneem en tweede geeïndig.

Volgens Divan Coetzee, afrigter, het die span in die halfeindstryd ‘n uitskietrondte gewen en toe deurgedring na die eindstryd.

“Ons het teen Laerskool Muldersdrif te staan gekom en naelbyt 1–0 verloor,” het hy verder vertel.

“Intussen het ons ook drie seuns wat in die D2-span opgeneem is naamlik Tristan Bothma, Pierre le Clus en Malan van Zyl. Ons is ongelooflik trots op die span en hul tweede plek spreek boekdele,” het Divan afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button