Sport

Van Noordheuwel na nasionale roem: Nadine maak golwe in SA-netbal

Nadine van Hoogdalem, 'n graad 10-leerder van Hoërskool Noordheuwel, gaan Suid-Afrika se o.16-netbalspan verteenwoordig in Eswatini.

Hoërskool Noordheuwel graad 10-leerder Nadine van Hoogdalem, het naam gemaak nadat sy opgeneem is in die SA o.16-netbalspan.

Nories se netbalorganiseerder en eerste span-afrigter, Karen Els, sê Nadine het eers beïndruk in die Gauteng-span tydens die provinsiale week.

Sy is toe kort daarna na die Suid-Afrikaanse proewe genooi en op 2 Julie amptelik vir die o.16-span gekies.

“Sy gaan dus in aksie wees van 25 tot 30 Augustus in Eswatini [voorheen bekend as Swaziland]. Dit is ‘n ongelooflike prestasie aangesien slegs 12 spelers van regoor Suid-Afrika gekies word. As gevolg van haar prestasie is Nadine Nories se tweede SA netbalspeelster,” het Karen trots afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button