Sport

Plaaslike brandweerspan wen groot by nasionale fiksheidskompetisie

Van roei tot rookdoolhofredding – die N’zuri-brandweerspan het hul fiksheid en vasberadenheid bewys met uitstekende prestasies in die noorde van Johannesburg.

N’zuri Ultimate Firefighters het hul fiksheid tot die uiterste beproef tydens die Dräger Combat Fire Challenge in Woodmead.

Volgens spanlid Manie Gouws het die kompetisie oor twee dae verlede maand plaasgevind. Weens die groot hoeveelheid inskrywings was daar ’n span- sowel as ’n indiwiduele kategorie.

Manie Gouws oefen met strydtoue.

Die span-afdeling het uit drie dele bestaan:

Die toring: Die span moes drie verdiepings uit hardloop met ’n 20kg gewig, daarna nog ’n 20kg gewig ophys tot bo, ’n brandslang sleep, ’n teiken met water raakspuit en uiteindelik ’n 80kg pop dra.

Die Rebel CrossFit-uitdaging: Hier is hul fiksheid en uithouvermoë tot die uiterste getoets met aktiwiteite soos ’n 2.5km roei en ’n farmers carry (met 40kg gewigte).

Reddings-afdeling: Die span moes deur ’n donker doolhof vol rook ’n pasiënt opspoor en red. Alles is teen tyd gedoen, en die beste tyd is as wenner aangewys.

Benewens hul deelname het Manie en Vincent Naudé ook deelgeneem in die Charnaud-span, wat as algehele wenners aangewys is.

Die indiwiduele afdeling het uit die toring en die Rebel CrossFit bestaan, ook teen tyd.

Onti Pule oefen met strydtoue.

Volgens Manie het N’zuri se lede uitstekende uitslae in hul ouderdomsgroepe behaal:

• John-Dean de Villiers: wenner 19–29 jaar
• Vincent Naudé: tweede plek 30–34 jaar
• Maithamako Moswete: wenner 40–44 jaar
• Manie Gouws: wenner 45–49 jaar
• Dawie de Villiers: tweede plek 45–49 jaar

Manie het bygevoeg dat N’zuri ’n nie-winsgewende maatskappy is wat sport en fiksheid onder brandweermanne bevorder. Die span is afhanklik van borgskappe om aan kompetisies deel te neem, en fondse word gebruik vir registrasie, vervoer en akkommodasie.

Belangstellendes wat borg wil word, kan Manie kontak by 084 600 8656.

Hy het verder verduidelik dat daar nog drie uitdagende kompetisies voorlê:

• die nasionale Sterkste Brandweerman-kompetisie van 9–11 Oktober in George
• die Southern African Emergency Services Institute Fit to Fight Fire-kompetisie van 27–28 November
• die nasionale trappehardloop-kompetisie op 6 Desember

“Die span is al twee keer as nasionale Sterkste Brandweerman-wenners gekroon en hulle werk hard daaraan om dit weer vanjaar te doen,” sê Manie.

Maithamako Moswete lig ‘n band op-en-af.

Hy het afgesluit deur inwoners uit te nooi om die span op sosiale media te volg:

• Facebook: Nzurifirefighters
• Instagram: nzuri_firefighters

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button